Soos wat verlossing beteken om uit die duisternis in die lig gebring te word, beteken dit om uit die troebel see op “droë grond” geplaas te word.

Ons het gesien dat die versameling van waters van goed na sleg ontwikkel, soos die geskiedenis.  Parallel daarmee het die Joodse reinigingsgebruike van min water waarin die onreine sit en homself was na baie water en onderdompeling gelei.  Die donker vloedwaters het die woonplek geword vir die Leviátan, die seemonster, die dier – antichris!

Verlossing beteken om uit die donker, troebel waters gehaal te word.  Jesus het nie verniet vissers as eerste dissipels en apostels gekies en van hulle vissers van mense gemaak nie (Mt 4:19; Lk 5:8-10).  Die 153 visse wat die dissipels na sy opstanding in die meer van Galiléa gevang het (Jh 21:11), simboliseer nie net ‘n oorwinning oor die dood nie, maar ‘n oorwinning oor die Caesar, die antichris.  Julius Caesar is op 15 3 vermoor.  Vyftien plus drie is agtien (15+3=18).  Agtien is drie maal ses ((18=3×6), ‘n variant vir die seshonderd-ses-en-sestig van Openbaring 13:18.  Agtien word ook in Lukas 13 direk aan die oordeel van God (Lk 13:4) en die vernietigende werking van die duiwel verbind (Lk 13:16).

Die eerste teken wat Johan beskryf, water wat in wyn verander is (Jh 2:1-12) dra dieselfde boodskap.  Jesus het nie bloot water in wyn, simbool van sy bloed verander nie.  Daar was 6 klipkanne wat vir die renigingsgebruike van die Jode bedoel was en wat elk 2 tot 3 mate hou. Ses is die getal van die dier en die mens (Gn 1:24-31; Op 13:18). 6×2=12. Twaalf is die getal van volheid, verwys waarskynlik hierna die 12 aartsvaders/stamme. 6×3=18, of te wel som(666). Die Joodse reinigingswater het ontwikkel van 12 na 18, van die heilige getal twaalf na die onheilige getal agtien. Christus keer dit om en maak dit wat onheilig geword het weer heilig, verander die reinigingswate van die Jode in die drank van die ewige lewe, sy bloed.

Verlossing word afgebeeld in Noag se redding in die ark waar hy hoog en droog op die vloedwaters gedryf het, Israel se uittog deur die Skelfsee op “droë grond”, hulle intog deur die Jordaan op “droë grond”, Elia se uittog deur die Jordaan op “droë grond” en Elisa se intog deur Jordaan op “droë grond”.

Noag se redding word eers volle werklikheid wanneer hy uit die ark op droë grond uitstap e naan die Here ‘n offerande bring.

Israel se verlossing uit Egipte was ‘n uittog uit ‘n waterryke land (Gn 13:10), die Nyldelta, na die dorre Sinai woestyn.  Hulle redding word eers volle werklikheid wanneer hulle deur die Skelfsee is in die woestyn en die see oor die Egiptenaars sluit.

Enkele ander tekste wat dieselfde boodskap verkondig:

  • IN dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is” (Jes 27:1).
  • “Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde. Ú het deur u sterkte die see geklief; Ú het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.   Ú het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir ’n volk — vir woestyndiere.” (Ps 74:12-14).
  • “Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede.   Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie?  Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ’n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie?” (Jes 51:9‑10)

Die finale bevryding is die oorwinning van Hom wat op die wit perd sit, Christus, oor die dier uit die see en sy valse profeet (Op 19) en die uiteindelike vernietiging van die draak, die ou slang en Leviatán (Op 20).

Teenoor die antichristelike see, staan die see van glas en die rivier van die lewe

Voor die troon van God in die hemel is ook ‘n see, maar dit is nie ‘n “versameling van water” – mikveh – nie, dis ”‘n see van glas soos kristal” (Op 4:6).  ‘n Mens sink nie en verdrink daarin soos die see van water nie, want die see van glas soos kristal is ferm en hard.  Die Sewe Kandelare staan daarop (Op 4:5).  Die Here Jesus loop daarop (Op 5:7) en  die engele wat die gebede van die heiliges op die altaar bring (Op 8:3).  Dit is helder en deursigtig en niks word in donker dieptes weggesteek soos ‘n see van water nie.

Die Nuwe Jersualem is ook nie geheel en al sonder water nie.  In die middel van die stad stroom “’n suiwer  rivier van die water van die lewe, helder soos kristal” (Op 22:1).  Die water is lewend – Dit stroom! – en is kristalhelder – Dis deursigtig; dit het nie donker dieptes waarin ongediertes kan wegkruip nie.

En weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf vrugte dra en elke maand sy vrugte gee.

Die rivier en die boom van die lewe is spieëlbeelde van die rivier (Gn 2:10) en die boom van die lewe (Gn 2:9) in die tuin van Eden.  Maar anders as die rivier in die tuin van Eden verdeel hierdie rivier nie; dit vloei as een onkeerbare stroom van lewe, helder en deursigtig.  En anders as die tuin van Eden staan daar nie meer ‘n boom van goed en kwaad langs die boom van die lewe nie.  Die duisternis, die donker water dieptes waar die Leviatan skuil, kwaad saam met die goed bestaan nie meer nie – net goedheid, lig, lewe, deursigtig helder – volmaak!

Zacharias Venter
Oos-Londen
13 Mei 2019

Skakels na ander artikels oor die doop: https://wp.me/p8E6eZ-1Y

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s